Gaste Inligting
Die Lokaal
Tholo Thabanyana
'n Pragtige buite-lokaal omring deur die natuur — die perfekte omgewing vir ons groot dag.
Adres besonderhede sal voor die tyd met gaste gedeel word.
Kry PadBelangrike Inligting vir die Seremonie
Ons seremonie vind by ons pragtige Rivierkapel plaas, en vervoer word per trekker voorsien.
Ons vra vriendelik dat alle gaste asseblief 30 minute voor die seremonie gereed is en reeds van die kleedkamers gebruik gemaak het. Daar is geen badkamers by die Rivierkapel nie.
Die trekker vertrek slegs een keer na die seremonie. Indien jy nie betyds by die opstappunt is nie, sal jy ongelukkig nie die seremonie kan bywoon nie, aangesien daar geen verdere vervoer na die kapel beskikbaar sal wees totdat die seremonie afgehandel is nie — tensy jy 'n bakkie het en self af ry.
Tye
Drag
Semi-Formeel
Ons nooi gaste uit om in semi-formele drag te verskyn. Pastelkleure, sagte ertone en blomprint word verwelkom.
Ons vra vriendelik dat geen gaste enige groen skakerings, of wit / naaswit skakerings dra nie, aangesien hierdie die bruid en trougeselskap se kleure is.
Akkommodasie
Akkommodasie is beskikbaar by Tholo Thabanyana vir gaste wat wil oorslaap. Die lokaal bied plek vir 42 persone.
Pryse wissel tussen R250 – R300 per persoon per nag.
Bespreek direk by Clarissa: 071 683 0847
Indien al die plekke op die venue bespreek is, is daar verskeie akkommodasie-opsies binne 'n 5 km-radius vanaf die venue beskikbaar.
Bespreek vroeg — plekke is beperk (first come, first served)
Dis 'n Koelerboks Troue!
Bring jou eie koelerboks, pak hom vol met jou gunsteling alkoholiese en/of nie-alkoholiese drankies, en kom geniet die dag saam met ons.
Per Persoon
Per Paartjie
Hierdie fooi gee jou toegang om jou eie koelerboks saam te bring, en moet asseblief teen 30 Oktober 2026 betaal wees na dieselfde rekening as op ons Geskenke-bladsy.
Belangrik
Daar sal geen bar, kontantkroeg of drankies by die venue beskikbaar wees nie. Maak dus seker jou koeler is mooi gepak vir die dag!
Geen bar. Geen rye. Geen verrassings. Net jou gunsteling drankie, lekker mense, goeie kos, goeie musiek en 'n onvergeetlike dag!
Belangrike Inligting
Ontkoppelde Seremonie
Ons versoek vriendelik dat gaste hul fone wegbêre tydens die seremonie. Ons het 'n professionele fotograaf. Wees teenwoordig.
RSVP Sperdatum
Bevestig asseblief jou bywoning voor 20 Augustus 2026 sodat ons alles na wense kan beplan.
Gereelde Vrae
Mag ek 'n plus een saambring?
Slegs indien dit op jou uitnodiging aangedui is.
Mag kinders die troue bywoon?
Ja, kinders is welkom.
Wanneer moet ek RSVP?
Voor 20 Augustus 2026.
Hoe laat moet ek arriveer?
Gaste begin om 15:00 arriveer. Wees asseblief teen 15:30 gereed sodat almal saam kan afstap voordat die seremonie om 16:00 begin.
Waar kan ek parkeer?
Veilige parkering is by die venue beskikbaar.
Wat is die dragkode?
Semi-formeel in sagte pastel- en neutrale kleure. Geen groen skakerings of wit/naaswit klere nie.
Is daar akkommodasie beskikbaar?
Ja, sien die Akkommodasie-afdeling hierbo vir meer inligting.
Kan ek foto's neem tydens die seremonie?
Ons vra vriendelik dat gaste die seremonie geniet sonder selfone of kameras. Ons fotograaf vang al die spesiale oomblikke — ná die seremonie kan julle soveel foto's neem as wat julle wil!